André de Beer André de Beer

19 Februarie 2012

’N baie groot welkom aan alger vanaand hier by die kring van die spotters,

Ons was so ’n tydjie gelede by ’n gastehuis waar ons die aand oorgeslaap het. Mooi netjiese plek. Toilet had ’n swart hout sitplek, heel fraai, en lyk sommer uitnodigend om op te gaan plaas neem. Ek het my National Geographic loop haal en behaaglik op die troon gaan plaasneem. Net so paar bladsye van die nuwe Nat Geo deurgeblaai – blaai altyd eers vinnig deur en kyk net na wat alles daar is voor ek ’n artikel begin lees - versit my regterboud so effens net om gemakliker te kan sit.

En daar is dit toe so My magtag, iets byt my aan die boud! Met ’n gilletjie smyt ek die Nat Geo dat hy daar trek en probeer opvlieg. Wat wo se ge-opvliegery. Die ding wat my aan die boud beet het, pluk my terug en ek gaat sit weer met ’n spoed op die sitplek. Mense kinners, maar toe byt daai ding my! Ek voel daar word met geweld ’n hap geneem uit my regterboud. En ek kan julle seg, dit was nie lekker nie! Dit was bleddie seer! Ek is nie normaalweg te erg oor ’n geboud bytery nie, maar hierdie is darem baie beslis hoogs ongevraagd en onnodig. Die ergste is, ek weet nie wat het my so beet aan die boud nie. Allerhande beelde flits deur my gedagtes – van Jaws tot ’n monster bobejaanspinnekop!

Dit het tyd geword dat ek weer beheer neem oor hierdie situasie! Ek plant my twee nommers elf en ’n halfs met mening, vat my twee kniege stewig vas en beur orent, met spoed, krag en heelwat geweld. Ek brul soos Maria Sharapova wat ’n vet voorhand slaan! Ek voel hoe skeur iets hier onder waar ek normaalweg nie kan sien nie. Maar ek is besig om te wen, nog ’n ruk en ’n pluk en toe is ek op. Die sweet perel op my voorhoof, my asem jaag en ek loer paniekbevange oor my skouer om te sien of Jaws my uit die toilet bespring. Gelukig is daar niks te siene nie, maar net vir veiligheidshalwe gee ek ’n flinke tree weg van die toilet af en struikel oor my broek om my enkels. Val stadig en statig soos ’n groot afgekapte boom vorentoe. Vang die bad se rand met albei hande vas om my spoed te breek. En daar staat ek. Stywe bene en reguit lyf, met hande op die bad se rand, broek om my enkels besig om push-upps op die bad se rand te doen!

Gelukkig is daar niemand om die gedoente te aanskou nie! Dalk is daar ’n candid camera iewers in die toilet versteek flits dit deur my gedagte. Voor ek egter ernstig kan begin soek na so ’n ding, ruk die brand pyne in my fondament my terug na die werklikheid. Ek voel al hoe loop die bloed in sulke dik strome teen my bene af. Daar moet ’n verskriklike hap uit my boud uit wees, nogal my regter boud moet julle weet. My ou boudjies hang hoeka so lekker pap, geen wonder die ding het besluit om daaruit ’n hap te vat nie!

Ek klou die bad se rand vas en skuifel skuifel my ge-enkelhalterde voete onder my in, heelwaarskynlik sleep ek nou my broek deur die plasse bloed, maar op die stadium maak dit nou nie meer saak nie. Daar is belangriker dinge om aan te dink, soos gaan ek op my maag op die ER24 mense se draagbaar pas? En dit sonder ’n broek aan. Dit gaat maar bietjie ongemaklik wees. Sal hulle moet bel en hulle sal moet gou maak anders bloei ek my dood hier op die badkamervloer.

Ek skuifel om laat ek vir die toilet kan beloer. Sien niks snaaks aan die ding nie. Net ’n gewone wit toilet met ’n swart hout sitplek. Versigtig gaat ek nader, nog steeds met my broek om my enkels. Loer in die toilet af maar sien nie ’n haaivin of ’n slang se stert nie. Vat die toiletborsel en lig baie bewerig die sitplek op en loer daaronder. Nie ’n tarantula of kreef met groot knypers in sig nie. Krabbel en slaat met die toiletborsel al agter om die toilet, maar niks spring uit of koes nie. Druk die handvatsel af en let noukeurig op dat die toilet heel normaal spoel. Geen verstoppings of so iets in die spoelproses nie.

Vies smyt ek die borsel in die hoek neer en kyk om my rond. Niks bloed op die vloer nie, verbasend genoeg. Niks bloed teen my bene af sover ek kan sien nie. Ek skop my broek heel uit lat ek vryer kan beweeg en gaat bekyk die toilet sitplek behoorlik. Ek merk dat as ek my twee hande op die sitplek druk, dan maak die een voeg aan die regter agterkant oop, as ek my gewig verskuif, maak die voeg weer toe. Binne in die voeg sit ’n klomp hare vasgeknyp!

Langs die bad is daar ’n lang spieel teen die muur. Ek gaat loop staat met my se rugkant na die spieel en rek en strek, draai en trek totdat ek so uit die hoeke van my se oge my harige regterboud kan sien. Oor my boud loop ’n vertikale, rooi streep skoon van die hare. Lyk of ek ’n bikini wax op my boud gehad het.

Met dat ek later uit die badkamer uitstrompel, seg Anriet vir my: “O, ek wou pa nog gese het, mens moet versigtig sit op daai toilet. Hy knyp mens se boud!” So wragtag ne!!

(So hier en daar, net vir die histeriese korrektheid van die gebeure, is die pap so bietjie dikker aangemaak. Maar nie te veel nie hoor! Laat elke leser hieruit ’n lessie leer vir die toekoms – moet nie sommer so jou vertroue in ’n swart toilet se hande plaas nie. Ook nie jou boude nie.) ’n Baie groot welkom aan alger vanaand hier by die kring van die spotters,

Ons was so ’n tydjie gelede by ’n gastehuis waar ons die aand oorgeslaap het. Mooi netjiese plek. Toilet had ’n swart hout sitplek, heel fraai, en lyk sommer uitnodigend om op te gaan plaas neem. Ek het my National Geographic loop haal en behaaglik op die troon gaan plaasneem. Net so paar bladsye van die nuwe Nat Geo deurgeblaai – blaai altyd eers vinnig deur en kyk net na wat alles daar is voor ek ’n artikel begin lees - versit my regterboud so effens net om gemakliker te kan sit.

En daar is dit toe so! My magtag, iets byt my aan die boud! Met ’n gilletjie smyt ek die Nat Geo dat hy daar trek en probeer opvlieg. Wat wo se ge-opvliegery. Die ding wat my aan die boud beet het, pluk my terug en ek gaat sit weer met ’n spoed op die sitplek. Mense kinners, maar toe byt daai ding my! Ek voel daar word met geweld ’n hap geneem uit my regterboud. En ek kan julle seg, dit was nie lekker nie! Dit was bleddie seer! Ek is nie normaalweg te erg oor ’n geboud bytery nie, maar hierdie is darem baie beslis hoogs ongevraagd en onnodig. Die ergste is, ek weet nie wat het my so beet aan die boud nie. Allerhande beelde flits deur my gedagtes – van Jaws tot ’n monster bobejaanspinnekop!

Dit het tyd geword dat ek weer beheer neem oor hierdie situasie! Ek plant my twee nommers elf en ’n halfs met mening, vat my twee kniege stewig vas en beur orent, met spoed, krag en heelwat geweld. Ek brul soos Maria Sharapova wat ’n vet voorhand slaan! Ek voel hoe skeur iets hier onder waar ek normaalweg nie kan sien nie. Maar ek is besig om te wen, nog ’n ruk en ’n pluk en toe is ek op. Die sweet perel op my voorhoof, my asem jaag en ek loer paniekbevange oor my skouer om te sien of Jaws my uit die toilet bespring. Gelukig is daar niks te siene nie, maar net vir veiligheidshalwe gee ek ’n flinke tree weg van die toilet af en struikel oor my broek om my enkels. Val stadig en statig soos ’n groot afgekapte boom vorentoe. Vang die bad se rand met albei hande vas om my spoed te breek. En daar staat ek. Stywe bene en reguit lyf, met hande op die bad se rand, broek om my enkels besig om push-upps op die bad se rand te doen!

Gelukkig is daar niemand om die gedoente te aanskou nie! Dalk is daar ’n candid camera iewers in die toilet versteek flits dit deur my gedagte. Voor ek egter ernstig kan begin soek na so ’n ding, ruk die brand pyne in my fondament my terug na die werklikheid. Ek voel al hoe loop die bloed in sulke dik strome teen my bene af. Daar moet ’n verskriklike hap uit my boud uit wees, nogal my regter boud moet julle weet. My ou boudjies hang hoeka so lekker pap, geen wonder die ding het besluit om daaruit ’n hap te vat nie!

Ek klou die bad se rand vas en skuifel skuifel my ge-enkelhalterde voete onder my in, heelwaarskynlik sleep ek nou my broek deur die plasse bloed, maar op die stadium maak dit nou nie meer saak nie. Daar is belangriker dinge om aan te dink, soos gaan ek op my maag op die ER24 mense se draagbaar pas? En dit sonder ’n broek aan. Dit gaat maar bietjie ongemaklik wees. Sal hulle moet bel en hulle sal moet gou maak anders bloei ek my dood hier op die badkamervloer.

Ek skuifel om laat ek vir die toilet kan beloer. Sien niks snaaks aan die ding nie. Net ’n gewone wit toilet met ’n swart hout sitplek. Versigtig gaat ek nader, nog steeds met my broek om my enkels. Loer in die toilet af maar sien nie ’n haaivin of ’n slang se stert nie. Vat die toiletborsel en lig baie bewerig die sitplek op en loer daaronder. Nie ’n tarantula of kreef met groot knypers in sig nie. Krabbel en slaat met die toiletborsel al agter om die toilet, maar niks spring uit of koes nie. Druk die handvatsel af en let noukeurig op dat die toilet heel normaal spoel. Geen verstoppings of so iets in die spoelproses nie.

Vies smyt ek die borsel in die hoek neer en kyk om my rond. Niks bloed op die vloer nie, verbasend genoeg. Niks bloed teen my bene af sover ek kan sien nie. Ek skop my broek heel uit lat ek vryer kan beweeg en gaat bekyk die toilet sitplek behoorlik. Ek merk dat as ek my twee hande op die sitplek druk, dan maak die een voeg aan die regter agterkant oop, as ek my gewig verskuif, maak die voeg weer toe. Binne in die voeg sit ’n klomp hare vasgeknyp!

Langs die bad is daar ’n lang spieel teen die muur. Ek gaat loop staat met my se rugkant na die spieel en rek en strek, draai en trek totdat ek so uit die hoeke van my se oge my harige regterboud kan sien. Oor my boud loop ’n vertikale, rooi streep skoon van die hare. Lyk of ek ’n bikini wax op my boud gehad het.

Met dat ek later uit die badkamer uitstrompel, seg Anriet vir my: “O, ek wou pa nog gese het, mens moet versigtig sit op daai toilet. Hy knyp mens se boud!” So wragtag ne!!

(So hier en daar, net vir die histeriese korrektheid van die gebeure, is die pap so bietjie dikker aangemaak. Maar nie te veel nie hoor! Laat elke leser hieruit ’n lessie leer vir die toekoms – moet nie sommer so jou vertroue in ’n swart toilet se hande plaas nie. Ook nie jou boude nie.)

Bo