upisecke logo

English translation

André de Beer's tribute to Zackie de Beer

de Beer family tree (children and siblings)

Calie's family (historical photo)

Upisecke

ANDRÉ DE BEER SE HULDEBLYK


18 Desember 2014

Ma Calie

Ons is baie geseënd dat ons, ons ma vir so lank met ons gehad het.

Die Here het in sy wysheid ons moeder kom haal en ons vertrou dat sy en Pa nou weer saam is. Sy was in die laaste tyd nadat Pa nie meer hier was, baie alleen en eensaam.

Ons is vandag hier op haar verjaarsdag bymekaar om van haar afskeid te neem. Ook om vir die Here te dank dat hy aan ons so ’n ma gegee het en haar vir soveel jare vir ons gespaar het in relatiewe, baie goeie gesondheid.

Ons Ma was ’n baie besonderse en sterk vrou. Sy het met ’n ferm hand haar gesin en huishouding op die regte pad gehou. Sy het ons kinders goed onderrig in wat goeie maniere is en veral dit wat nie is nie!

Ma het die verantwoordelikheid van disipline in die huis op haar geneem en het dit deeglik toegepas. Met die plathand en soms sommer met wat ter hand was, soos ’n haarborsel. Daardie tyd het ons nie altyd gedink dit was so goed nie, maar ek dink dat sy het nogal nie sleg gevaar met haar opvoeding van ons nie. Ons het nogal nie sleg aan die ander kant uitgekom nie.

Sy was ’n stylvolle vrou wat altyd keurig aangetrek en haar voorkoms versorg het. Dit het ook duidelik gewys in die dekor van haar huis.

Ma was ’n diep gelowige mens wat die uitlewing van haar geloof baie ernstig opgeneem het. Sy het ook nie geskroom om iemand wat die smal pad byster geraak het, volgens haar oordeel moet ek bysê, reg te help en in die regte koers te kry nie.

Ek was so effe van ’n rebel in my laat tienerjare en het Ma soms geskok met my optrede. Ek kan onthou dat ek eenkeer op ’n Saterdagaand in Springs in die dorp was vir een of ander geleentheid - kan nie meer onthou wat wat nie - en ek het op die sypaadjie in Derdestraat gesit het en fish en tjips uit ’n olierige papier geëet.. Ek het op die sypaadjie gesit met my voete in die straat. Man was daardie tjips met die sout en asyn vir jou lekker!

Toevallig het Ma & Pa daar verby gery en my gesien. Ek weet nie hoe Pa dit reggerky het om Ma te oortuig om nie daar en dan in die straat stil te hou en my te konfronteer nie. Ek het hulle nie gesien verby ry nie, maar toe ek by die huis kom - boeta was dit nou vir jou moeilikheid! Ma was ontsettend geskok en seker teleurgesteld, dat ek sommer daar in die straat kon sit en vis en skyfies uit ’n papierpak eet en dit met my hande!! So iets word eenvoudig net nie gedoen nie! Sê nou een van haar vriende het daar verby gery en my gesien!

Jare later het ek haar lekker daaroor gespot en kon ons saam lag daaroor. Maar toe was dit glad nie snaaks nie! Ek was lank daarna nog in die moeilikheid!

Ek onthou eendag in Springs - ek was seker nog op hoërskool - was ek saam met Pa en Ma dorp toe. Pa het in Derdelaan geparkeer en Ma het iets gaan doen, seker by John Orr. Ons het naby die poskantoor gestaan. Ek en Pa het in die kar vir Ma gesit en wag. Pa het toe iets gesê wat ek nog altyd onthou. Hy het gesê: "Daar kom Ma. Ek kan haar altyd tussen baie mense uitken aan haar manier van stap. Dit was die eerste ding wat my van Ma opgeval het. Haar energieke manier van stap."

Ek het rondgekyk. Daar was baie mense op die sypaadjie voor die poskantoor en dit het my ’n rukkie geneem om Ma raak te sien. Daar kom sy aan, kop regop, rug reguit en sy stap met mening met swaaiende arms. Haar bruin hare wip- wip soos sy stap. Doelgerig, en gedetermineerd vleg sy haar pad tussen die mense deur sonder om links of regs te kyk. Ek sal daardie beeld nooit vergeet nie. Daardie dag het ek vir die eerste keer besef, alhoewel ek seker maar altyd geweet het, dat Pa is baie lief vir Ma!

Ma het uitgespring en gaan werk in die tye dat dit nodig was om ons vier kinders behoorlik opgevoed en geskool te kry. Daardie jare was dit nie so algemeen dat die vrouens ook moes hand bysit om te help met die gesin se inkomste nie. Sy het dit egter gedoen en ek kan in alle eerlikheid sê dat, wanneer ek nou so terugdink, ek nooit gevoel het dat ons was afgeskeep omdat sy moes werk nie.

Ma was baie goed met handwerk. Sy het gebrei en klere gemaak. Ek kan nog onthou die hemde met so ’n oorslaan kraag wat sy vir ons drie seuns gemaak het toe ons nog klein was. Ek het nooit van die hemde gehou nie, want dit was anders as die ander kinders se klere. Maar ek moet vandag erken dat dit nogal ’n innoverende en skeppende ontwerp was. Beslis anders!

Sy het vir my ’n trui gebrei nadat ek al getroud en uit die huis was. ’n Egte woltrui, alles moes altyd regte wol of regte katoen of wat ookal wees. So ’n bruin en geel gestreepte trui wat vir my te groot was. Ek moes die moue omrol na die eerste was. Daardie trui het nie in die was gekrimp nie - hy het gegroei. Ek het hom vir langer as 20 jaar gedra. Heerlike dik, warm trui. Eers na baie jare toe die motte hom so vol gate gevreet het dat Adrie nie meer kans gesien het om hom verder te stop nie, het ek met ’n swaar hart die trui uitgegooi.

Dan was sy natuurlik ook ’n kranige tuinier. Sy het vir haar blomme en struike geleef. Sy was baie kundig om plante te identifiseer en om raad te gee rondom die aanplant en versorging daarvan. Wanneer sy van die huis weg was, het sy haar altyd bekommer of iemand darem haar plante versorg. Veral vir haar Clivias en rose was sy baie lief.

Adrie het gesê ek moet dit noem, dat Ma haar geinspireer het om nuwe dinge aan te pak wat sy nie voorheen sou gedoen het. Nuwe kossoorte geëet en gemaak. Begin brei en hekel. Adrie het net na ons na die Kalahari verhuis het, aangesluit by die VLV waar hulle huisvlyt gedoen het en kompetisies gehou het ondermekaar. Iets wat sy sonder Ma se voorbeeld nooit andersins sou gedoen het nie.

Ons weet egter ook almal dat ons ma was nou nie juis altyd die maklikste persoon om mee oor die weg te kom nie. Sy was soms baie reguit en nou nie juis baie diplomaties nie. Ons kinders en ook ons wederhelftes het maar almal die een of ander tyd deurgeloop en juis daarom het ek so groot waardering vir Leon en Christa wat vir so lank na Ma omgesien en haar bygestaan het. Ek is seker dit het soms meer as Job se geduld geverg om die situasie te hanteer.

Ek wil namens ons ander vir julle twee sê baie dankie vir dit wat julle gedoen het. Baie dankie ook vir al die baie reëlings wat julle moes tref sodat ons vandag hier kan staan en van Ma kan afskeid neem. Ek moet ook vir Adriaan baie dankie sê. Hy het Ma baie bygestaan en gehelp. Soms as Ma my gebel het met ’n probleem wat sy met haar kar het, of wat ookal, het ek op my beurt vir Adriaan gebel en hy het ingespring en die probleem uitsorteer. Ek weet ek het nie oor die jare my waardering genoeg teenoor julle uitgespreek nie - julle het ’n reuse taak vermag met ons Ma.

Ek wil ook uit my hart dankie sê vir elkeen van julle wat vandag die moeite gedoen het om hier van Ma te kom afskeid neem. Baie van julle het ver gereis om hier te kom.

Dan is daar soveel ander mense vir wie ek behoort te bedank. Ek wil egter nie name uitsonder nie, - en ek wil asseblief niemand per abuis uitlaat nie - daarom sê ek net vir ’n iedere en elk wat oor die tyd vir Ma goed was en bygedra het tot die verrigtinge vandag, baie dankie aan julle almal.

Ek moet egter ’n uitsondering maak en vir Ds Wildenboer bedank dat hy - ons weet hy het reeds sy emiritaat aanvaar - maar hy het vandag kans gesien om ons te help om van ons ma afskeid te neem. Oor die tyd het hy ook baie met

Ma en Pa te doen gehad en daarvoor is ons ook dank aan hom verskuldig. Ook vir die koster van die kerk, (Sarie Pienaar ?) dankie vir die reëlings van vandag.

Bo

*****

TRIBUTE TO CAROLINA DAVODINA DE BEER
NÉE BOTHA

Written and presented in Afrikaans by her son, André de Beer

18 December 2014

Ma Calie

We were very blessed that we had our mother with us for so long.

The Lord in His wisdom took away our mother and we trust that she and Pa are reunited. In the last years with Pa no longer here, she was very lonely and alone.

Today, on her birthday, we are here together to take our leave of her.

Also to thank the Lord that He gave us such a mother and kept her safe and in relative good health for us for so long.

Our Mother was an exceptional and strong woman. She kept her family and household on the right path with a firm hand. She taught us our manners very clearly, as well as what was not considered good manners!

Ma took the responsibilty of discipline at home on herself, and applied it thoroughly. Sometimes with the bare hand and sometimes with whatever was at hand, such as a hairbrush. At the time we did not think it was such a good thing, but I think she did not do too badly in her way of bringing us up. We did not come through it too badly at all.

She was a stylish woman, who always dressed with care and looked after herself. That also showed in the decorating of her home.

Ma was a deeply religious person who lived out her commitment to her life as a believer very seriously. She also did not hesitate to set straight those who strayed, according to her judgement, must be said.

I was a bit of a rebel in my late teens and sometimes shocked Ma with my actions. I can remember once, on a Saturday evening in Springs, while in town for some reason or other – can't remember why anymore – sitting on the side walk in Third Street eating fish and chips from an oily packet. I was sitting on the kerb with my feet in the street. Man, I enjoyed those salt and vinegar chips!

By chance Ma and Pa came driving past and saw me there. I don't know how Pa managed to convince Ma not to confront me right there. I did not see them driving past, but when I got home, boy, was I in for it! Ma was severely shocked and probably disappointed that I could sit on the side walk and eat fish and chips from a paper bag, with my hands!! That is just not done! Imagine if one of her friends should have come past and seen me there!

Years later I could tease her about it and we could have a good laugh together but at the time it was not funny at all. I was in trouble still for a long time afterwards.

I remember one day in Springs, I must have been in high school at the time, I was in town with Ma and Pa. Pa parked in Second Avenue while Ma went off to do something, probably at John Orr. We were near the Post Office. Pa and I sat waiting for Ma in the car when Pa said something that I have always remembered. He said: "There is Ma. I can always pick her out amongst a crowd by her way of walking. That was the first thing I noticed about Ma. Her energetic walk."

I looked around. There were many people on the side walk in front of the post office and it took me a while to see Ma. There she was, head held high, straight back and striding along, swinging her arms. Her brown hair being tossed up and down as she walked. Determined and purposeful she wended her way through the crowd without looking right or left. I'll never forget that image. That day I realised for the first time, although I probably always knew, that Pa loved Ma very much.

Ma went out to work during the times that it became necessary to provide a proper upbringing and education for us four children. It was not that common in those years for women to add to the family income. But she did it and when I think back on it, I can honestly say that I never felt neglected because she had to go out to work.

Ma was very clever with handwork. She knitted and sewed our clothes. I can still remember the shirts with strange collars she made us three boys when we were small. I never liked the shirts because they were different from the other children's clothes. Today I have to admit that it was a creative and innovative design. Definitely different!

She knitted me a jersey after I had already left home and got married. A pure wool sweater, it always had to be pure wool or cotton. A brown and yellow striped sweater that was too big for me. I had to turn up the sleeves after the first wash. That jersey did not shrink in the wash - it grew. I wore it for longer than 20 years. A lovely thick, warm sweater. Only years later after it became so motheaten that Adrie could no longer mend it, did I throw it out with a heavy heart.

Then she was always an avid gardener. She lived for her flowers and shrubs. She was very clever at identifying plants and to give advice on planting and care. Whenever she was away from home she always worried about her plants and whether they were being looked after. Clivias and roses were her special favourites.

Adrie said I should mention that Ma inspired her to try new things that she would never have tried before. To prepare and eat new foodstuffs. To start knitting and crocheting. Just after we moved to the Kalahari, Adrie joined the VLV (Vroue-Landbouvereniging van Kaapland) to do crafts and take part in competitions. Something she never would have done without Ma's example.

But we also all know that our mother was not the easiest person to get along with. She could be brutally forthright and not very diplomatic. Us children and our spouses all suffered at one time or another and precisely for that reason, Leon and Christa, I have great appreciation for your care and support of Ma for so long. I am sure it must have taken more than the patience of Job at times to handle the situation.

On behalf of the rest of us I want to thank you for what you have done. Thank you also for all the arrangements that you had to see to so that we can be here together to take our leave of Ma. I want to thank Adriaan also. He had to support and help Ma many times. Sometimes when Ma phoned me with a problem with the car, or whatever, I on my turn phoned Adriaan and he took charge of the problem. I know I did not express my gratitude enough through the years – you had an enormous task with our Ma.

I also want to thank all of you who went to the trouble of coming here to say good bye to Ma from the bottom of my heart. Many of you travelled far to be here.

There are also other people I should thank. However I do not want to single out names, and I do not want to leave out anyone unintentionally – for that reason I do say thank you to one and all who have been good to Ma and who helped with today's arrangements, thank you to you all.

I want to make one exception and thank Ds Wildenboer – we know he has already resigned from active service – but he was still willing to help us take our leave of our mother. He had a lot to do with both Ma and Pa over the years and for that we are also deeply grateful.

(Translated by André's sister, Shani Vavruch)

Top of the translation

Bo (Afrikaans)